Enkelados se Noordelike Halfrond. | |||||||
Ontdekking | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Ontdek deur | William Herschel | ||||||
Datum | 28 Augustus 1789[1] | ||||||
Alternatiewe name | Saturnus II | ||||||
Wentelbaaneienskappe | |||||||
Halwe lengteas | 237 948 km | ||||||
Wentelperiode | 1,370 218 dae[2] | ||||||
Baanhelling | 0,019° (tot Saturnus se ewenaar) | ||||||
Satelliet van | Saturnus | ||||||
Fisiese eienskappe |
|||||||
Afmetings | 513,2×502,8×496,6 km | ||||||
Gem. radius | 252,1 ± 0,2 km (0,0395 Aardes) | ||||||
Massa | 1,080 22 ± 0,001 01×1020 kg (1,8×10−5 Aardes) | ||||||
Gem. digtheid | 1,609 ± 0,005 g/cm³ | ||||||
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,114 m/s² 0,011 3 g | ||||||
Ontsnapping- snelheid | 0,239 km/s 860,4 km/h | ||||||
Rotasieperiode | sinchronies | ||||||
Ashelling | geen | ||||||
1,375 ± 0,008 (geometries) 0,99 (Bond) | |||||||
Oppervlak-temp. Kelvin[3] |
| ||||||
Skynmagnitude | 11,7[4] | ||||||
Atmosfeer | |||||||
Oppervlakdruk | spoor, belangrike ruimte variasie[5][6] | ||||||
Samestelling | 91% Waterdamp 4% Stikstof 3,2% Koolstofdioksied 1,7% Metaan[7] |
Enkelados (Grieks: Ἐγκέλαδος; ook Saturnus II) is die sesde grootste natuurlike satelliet van die planeet Saturnus. Die maan is op 28 Augustus 1789 deur William Herschel ontdek en is genoem na Enkelados, een van die Titane in die Griekse mitologie wat verslaan en deur Atena onder die berg Etna begrawe is.
Enkelados se oppervlak weerkaats amper alle sonlig. Die maan het die grootste albedo in die Sonnestelsel (> 0,9). Die gevolg is 'n gemiddelde temperatuur van net -198 °C, baie kouer as wat dit sou wees as dit sonlig geabsorbeer het. In 2005 is daar geisers op Enkelados ontdek wat waterdamp tot 'n hoogte van amper 500 km uitspoeg.
Daar is op 9 Maart 2006 bevestig dat die Cassini-ruimtetig die aanwesigheid van vloeibare water waargeneem het.